Elkedag stories

Woensdag 15 Oktober 2014

Die oor operasie

Op 25 jarige ouderdom verkalk die stibeultjie in my oor. Ek gaan vir 'n prostese in Bloemfontein dire jaar later maar is na drie weke weer net so doof. Amper 38 jaar later kontak ek 'n Professor bekend vir uitstekende werk ........ 

..so moet ons 6uur by Meuelmed Hospitaal  inboek... soos ons geleer is ons  heel stiptelik.  Net een man by ontvangs, werk met lang trae bewegings... besef hy was op nagskof... moeg. Die vrou voor ons op vraag waar bly sy ... begin  wys... daar in Mamelodi oorkant so en so ... hy knip haar kort,  nr van straat ? oo ! sȇ sy en gee nommer,. half sewe ons beurt. Die tannie het met nagkoebaai , japon en slippers gekom... ek  dink, hoekom kan ek nie my breins gebruik want al wat ek nou moet doen is om weer uit te trek en daai borslap en ongelooflike panties wat lyk soos 'n ‘shower cap’ aantrek... ( volgende keer dink ek..) kry die leȇr en  saaltoe ... groet, twee vrouens in saal,  ons word nie voorgestel... (ou dae se ding lyk dit my) vrou wat ons inboek praat telegramstyl pragtige rooi lipstick, pikswart snor.  Moet haar ter ere gee dat wanneer ookal sy in die nag rondte gedoen het was die rooi lipstiek in plek.  Ook trae bewegings … moeg van nagskof.  Gewoonlik vra hul vrae, jy antwoord... nie hier nie half sewe in die oggend nie... kruise word orals getrek waar ek moet teken en al die vorms voor my neergeplak en ge’ order’ voltooi.  Ek doen so en teken!  'n Monster asb... ek gaan gee 'n monster... die, het ek hulle so vanuit die bed terwyl ek teater toe gestoot is  herinner, dit  staan steeds waar ek hul driekwart uur terug gesê het, ek dit gelos dit. Huh! En ooo vergeet... jy word nou 'n eierhouer daarvoor aangebied... en die waskom is 'n x100 die groote eierhouer... Daar was nie tyd om te lag daarvoor nie. 

Maar, so sȇ Chris vir die swart-snor- vrou ...' laas was my vrou amper dood hier want sy het 'n weerstandige kiem hier opgedoen... swart snor verstyf… gaan haal die suster...  wie ons nooit weer gesien het nie .. erge houding,  nee ons is seker verkeerd,  Chris hoog gestress, vervies hom,  gaan kyk die rekords sȇ hy... sy gaan kyk die rekords op, sien ons is reg, sy verkeerd,  laat weet die Prof... Prof kom met groot oë ingehol, hoekom het jy my nie gesê nie?? . kannie op jou opereer nie,  wat as jy nog 'n draer is..  en jy kry dit daar in jou binneoor.. wat maak ek.?.. ek sȇ ek weet nie.. gee weer 'n R1000 se pil soos hul laas gedoen het…... hulle 'swipe' my op interessante plekke, my hele lyf... Prof.  vra  wat is jy voor allergies.?.. Ek begin.. penicillin, morfien, codeine, jodium… Weer vervaard, ek maak jou oor skoon met jodium… wat nou…? toets haar beveel hy!… Die staf gooi my arm terstond vol jodium… swart-snor  skree, jy mors op die bed , word flink gekeer… hengse kol en vier paar angstige oë op my … geen reaksie… ek baie bly ek kan weer kreef eet?… prof? … dalk ja sê hy, nice dink ek, sien jou netnou en daar hol hy… 6 min later kom hy weer  met spoed  ingehol. Die man moet ongelooflik fiks wees. 'Met kiemspesialis gepraat, ek spuit jou ‘n teenmiddel vir die kiem, gooi jou oor vir halfuur vol betadien dan opereer ek’ en daar gaan hy.  Hulle kom haal my… in teatergang  gekom, ek lieg nie seker 10 ouens met maskers… lig my leȇr lees en verdwyn,  almal groet darem maar die doel duister, hulle nooit weer gesien nie. Kort vriendelike suster hou my hand vas, na 'n halfuur in die teater, oorgeskuif op die strykplank (teatertafel), narkotiseer lyk soos ‘n mechanic.  Hulle koppel als wat gekoppel moet word en nakotiseer kom staan langs my.  Ek sȇ, so terloops vir hom, ek het maar vrot are, narkotisee: ’nee kyk die pragtige are op jou hand… ek , 'it’s an illusion’ .. kan sien hy glo ek is net teatraal. Hy kyk verder en sy oë rek… geen are… hy sit daai knypband om… maak vuis, beveel hy, ek maak vuis.. niks .. hy klap my warm op hand en arm… niks , hier is iets sê hy vol bravado… naald in sê hy … ek…' mmmmmm eina'… hy doodstil. .. Ek... '.is  dit in aar?' Hy: 'nee, mevrou jammer'… klap my weer warm, rekband,… ok, kom ons probeer weer… naald in sê hy, ' ek mmmmmmmmmmm eina'… suster hou nou my hand vas en die man langs haar vryf my arm, hulle oë vasgenael op narkotiseer.  Ek , 'is dit in aar?… nee mevrou ek weet nie wat om vir jou te se nie'. Ek is nice., .. ek bly stil… Narkotiseer ruk my hospitaalbandjie af en gooi hom dat hy daar trek, doel onbekend, teken van stress dalk?…. derde plek… naald in… ek,   ‘oooooo toggie'…   sit drip aan, beveel  hy,… man vlieg om bed,  sit drip aan.. ek,  naald in aar?…. Weet nie ons toets eers… stilte… hy loop skree hy!  Narkotiseer skree weer 'daar ry die trein'…. ! ek lag hard… dink as hy net  daar ‘n bier kon drink sou hy… Die suster moes dalk die aand voltarin ‘gel’ op haar hand gebruik… shame. Ek sê vir narkotiseer, ' jy’s goed vorige keer in hierdie hospital het ek 11 steke in een arm en 9 in die ander gekry… my arms was swart swamme. Hy wil wil ongelowig lyk ma bedink  hom.  Ou agter my, ok,  tyd vir jou vir  slaap,  niks. Doen jul dit deesdae stadig ?… stilte… leke slaap,  ek is wakker en kyk orals rond… en skielik net weg.… O, ek het hulle ingelig voor die tyd.. skryf op leȇr maak my wakker met Marna .. niemand noem my ooit Mev Nel-Steyn nie. 

Hulle doen dit getrou en ek word wakker met Marna ! Ek is onmiddellik wakker, heerlik… gewoonlik huil ek snot en trane… en effe deurmekaar… terug in saal  Ek wou eers dink nee  hulle het my buitetoe gestoot ek is by ‘n taxi rank’… toe nou nie.. die ander twee pasiente het albei besoekers (het gou uitgevind besoektyd geld glad nie hier nie) en hulle skree en lag vir ‘n vale… die personeel kom in en nou gesels en lag hul eers.. ek vra, 'kan ek iets eet'?  Nee, ek moet wag middagete, kom nou. 'Het mevrou menu getick?… ek, nee ek was in teater???!!!  Kos kom … absolute horror… yskoud,, boontjies, stampmielies (ek haat dit)  en vleis … proe na niks… ek is honger en eet.   Die tannie met die lekkergoed  en koeldrank trollie kom in… besoekers en pasiënte storm en dis ‘n nog erger gegil en gelag, straatmark! … ek maak my oë toe… reuse hoofpyn… ek druk klokkie.. vra vir vrou wat inkom.. kan daar asb ‘n bietjie stilte wees?. Sy vra hulle in seSotho… die ou vrou oorkant my was besig om  uit die Sonkoerant aan die ander voor te lees  in Zuma Engels… die ‘cleaner kom in..  sy is ge’make up to kill’ met n swart lang blink pruik… haar model ambisie vasgevang in ‘n Carol Burnett emmer en mop… dit verhinder nie die houding nie.  Die ou ‘gogo’ met groot uitpeuloë soos  El Debo begin in haar taal… ek verstaan nie Sotho nie,  maar verstaan die strekking aan die ander twee se gegil en gelag en geloer vir my en die woord Madam…. Ek lei af sy sȇ … ek gaan niks stil wees omdat die Madam in die saal dit wil hȇ nie… maar tipies sulke bravado word dit agter die Sonkoerant wat hoog voor haar gesig gehou word gekekkel,  ek draai op my sy en probeer afskakel…. En raak dank die vader aan die slaap. Ek word wakker en wil opstaan.. my pantoffels is weg… ek probeer buk.. sien niks… staan op word duiselig en val in stoel… daar lȇ my pantoffels netjies tot in middel onder my bed ingevee..’ with compliments  of the would be model, cleaner’… vererg my liggies en druk klokkie. Vra vir Saal suster… ek sȇ rustig maar  seker agv narkose nader aant huile… Ek sal rassime en diskrminasie nie duld nie… hierdie hospitaal is ‘n sirkus… julle weet van respek en stilte en verpleging niks… en ek verwag ‘n verskoning van julle sg cleaner  en ek verwag bowenal stilte. 

Groot ‘sorry’, ek sȇ dit beteken niks ek wil stilte hȇ. Sy moes, ek weet nie wie gaan haal het nie, maar kom met ‘n deftige man in en hy praat met die ander twee pasiente.  Hulle gluur my aan, ek nou doofstom en blind. En daar is stilte en die aanhoudende besoekers praat nou in gebare taal en fluister… en toe skielik begin El Debo roep ….. Tannie Tannie… ek kyk rond.. steeds horingdoof na operasie  ek besef daai ronde oȇ kyk vir my.. Ja? Wat lees Tannie … huh sy is baie ouer as ek, meen nou seker dis respek of ek voel eerder aan spottende respek,.. Ek sȇ ‘ Jeffrey Archer se ‘Honour among Thieves’… Herhaal sȇ sy, … ek herhaal .. o sȇ sy, sy wil dit ook lees… sal ‘n goeie verbetering op die Son wees… , dink ek nou , het te sleg in saal gevoel om 'venynig’ te dink .Dis nie my aard nie maar hier in my bed nou bietjie vol wrewel. 

My boetie, Tinus Nel, en klein Isabella kom kuier.  Dokter kom in gevlieg en doen weer die toets met stemvurk. Die oggend het ek iets gehoor nou niks.. Hy is vervaard… Hy vlieg daaruit… Kom terug gevlieg , hy sȇ hy het gekonsulteer  kan dalk bloedvate wees wat geswel het… gaan my op kortisoon sit… Hy vra wat gaan ek met jou doen?. Boeta sȇ… sit ‘jump starters’ op haar… Prof vat ‘n ‘dubble take’.. lyk of hy dit oorweeg.. waar vra hy ? Boeta,,.. 'sommer op haar tone,… hy kom tot verhaal, lag hard en vlieg weer daaruit.  Ek wys vir Boeta die miniatuur prostese wat glo da in die binne-oor rond gedryf het deur die kort teatersuster vir my gebring,  wat die vorige onnosel in Bloemfontein ingesit het … dit het 3 weke gehou… en weer stokdoof… toe ek hom bel en sȇ ek hoor weer niks. was die mediese dokter se woorde...''nou wat moet ek daaraan doen?  … Hierdie voorval en ander omstandighede was een van die redes hoekom ek nooit weer na my ore laat kyk het nie… en wat toe skynbaar moontlike lang termyn skade in my binneoor veroorsaak het , gedurige biinneoor ontsteking aanhoudende antibiitika deur dokters sonder vrae vra, sonder pogings tot diagnoses. ,Klein Bella vra.. wats dit? Boeta sȇ dit was in tannie Marna se oor… Isabella vra of sy op Boeta. se skoot kan sit en kyk my met groot oë aan.  Boeta sȇ die arme kind gaan getraumatiseer hier uit,… lig sy wenkbrou en lag… Bella suig ha duim… foeitog herder. 

Geen middagtee. Ek vra waar is ons middagtee hier teen vier uur Hulle was hier se die staf.. Ek sê nee hulle was nie.. Ek is doof nie blind nie.. mor ek in my gedagtes. Half vyf kry ek dikbektee. … Aandete kom. , ek het beef  briani bestel  ,  enige Indiër sou  ten strengste ontken het dat hierdie dis  wel briani is en lank in hulle hande gehuil het, dis… absoluut grusaam .. wurg dit in ek is honger … daar is geen siekte wat my eetlus nog ooit weggevat het nie. Chris is daar en vra wat gaan met jou hand aan.?.  My bloeddruk is ‘sky high… ek het gewoonlik  baie lae bloeddruk. Ek kyk af… My hand en arm staan soos ‘n bokshandskoen… drip in weefsel.. ‘story of my life’. .. hulle kom haal dit uit… en gelukkig agv  hulle totale gebrek aan diens ontdek die suster die toestand eers weer half elf die aand, wel geen medikasie vir 4 ure maar die pyn vir 'n ruk gespaar. Maar dank vader,  sy weet van, en die eerste een is in… sy spog dat sy nog nooit meer as eenkeer hoef te probeer het nie.. en sy kan maar spog. ..Die volgende oggend is dit wel weer in die weefsel in maar ek is ‘n paar steke gespaar in die proses. Dokter het laat weet, 8uur by die gehoortoetse vir 'n tweede toets.. Niks gebeur.. ek vra dat my ontbyt asb vroeëer gebring word... Dit word glad nie gebring nie.  Hy sê indien steeds doof dalk dan weer teater toe en prostese uithaal  en plek toemaak. Oor is , steeds so doof soos n kwartel, klein Marike het nie krag om my in te lig gaan haal haar ma Ronel ook in praktyk.. Sy toets weer en gee die nuus,  Ek in trane… Ronel  en ha mooi dogter dra tee aan.Ek is reeds in die designer blou gewaad en  ongelooflike blou groot  shower cap pantievorm geklee… en gewas in daardie baie sleg herinneringe   ICU seep., vinnige scan,  Dokter kom  weer ingevlieg, geen teater, Kom dat hulle jou gou na my spreekkamer stoot, ek wil met jou praat. Hy vertel dat die  prostese is mooi in sy plek. Voorskrif: Jy gaan lȇ   plat vir 3 weke.. kortisoon en magdom ander pille , goeie nuus toetse terug , jy nie meer ‘n draer van die weerstandige kiem nie, indien die oor nie regkom , daar is heelwat ander opsies. Ek ontmoet ook sommer twee van die oorinstituutspan.  Maar ek neem my voor daar is nie ‘n manier dat ek enige,  maar enige operasie weer in Meulmed Hospitaal weer sal doen nie.

Ek  het steeds  ongelooflike hoofpyn .. Hy sȇ hul wil my nie so huistoe stuur nie… ek pleit dat  ek die taxi rank waar die Sun heeltyd deur El Debo  in ‘Zuma Engels voorgelees word en almal kommentaar lewer en lag, nie meer kan verduur nie… hy ontslaan my.  Hy vra,, wat doen ek?.. ek vertel hom.. hy sȇ hy dink lankal daaraan om ‘n Maatskaplike werker in sy span by die Oor instituut aan te stel… wat van my?.. ek sȇ dit sal wonderlik wees. Hy sȇ ons praat met jou opvolg die 23ste. Hy sȇ jy het baie ondervinding en is ‘n slim vrou. Huh, my estimasie styg geweldig vir die man, dat hy dit kon sien?, hoor? Ek weet voorkoms is nie alles nie.. maar wragti, met my hare wat plat teen my kop is skoon geskeer soos ‘n punk bo die oor,  met so  moppie wat regop gedruk deur die verband bo uitstaan, my linkeroor gemis en die staan met 'n ekstra punt soos Dr Spock in Star Track sin, .. my wange bloedrooi en opgeswel en my regterroor 2 maal groter as die linker… geen 'make up' en ‘n japon met die band wat pikswart is omdat hulle in die rolsotel se brieke beland het… ‘n wonderbaarlike gevolgtrekking  maar o! wat 'n  uitkoms , wat ‘n onverwagse wending…Ek laat weet gou vir Chris ek word ontslaan. Hy is 15 min later daar, net toe ek uitgestoot word in die wagkamer. Ek vertel vir Chris .. ons huil heerlik sommer daar in die dokerr se wagkamer… oor die goeie en  die slegte nuus… ek besluit dadelik , indien ek ‘n aanstelling kan kry terwyl ek lyk soos ek lyk  , gaan ek  slim wees soos die tannie wat voor my ingeboek het… en word sierlik met my pienk japon met sy swart besmeerde beld, geen karate bydrae,  en pantoffels tot by die motor in die’ basement’ gestoot.. in die kar en 20 min later in my eie bed… en ek hoor dadelik  my ‘ Piet Kokkewiet wat  terstond  hier by my kamervenster kom groet! Ek hoor nog niks verder as net  …’ Piet Kokkewiet ‘, maar is vol vertroue dat ek gaan….

Saterdag 11 Oktober 2014

Sop Kombuis


Hulle staan uitdrukkingloos in bondels, ou plastiekbakke en leë roomysbakke in die hand.
Ander moet vir ons sorg, ons het ons harte aan die drankduiwel verpand.
Armoede het ons keuses laat maak,
ons verstand, gees en siel naak
kwaad vir die lewe, lusteloos
opgehou hoop, van drank delms swaarkry voos
Ons waardes ‘n ashoop kosmos
‘entitled’ op ‘n ‘grant’ en kos
Woede, ‘resentment’ in meeste se kyk
Armoede se nood,
lankal dood...
‘Entitled’ op sop en brood!

Hongerbult se kind


Hulle sleep die tingerige seun in my kantoor in, 
sy oortreding by die skool was glo waansin. 
Hy hang skeef half opgekrul, terwyl twee seuns hom probeer regop hou.
Sy oë wild en sy hande krampagtig in vuisies gevou. 
Nega jaar oud in die wurg greep van gomsnuif vas.  
Net ‘n vuil kortbroek, geskeurde T-hemp, stink van lank nie gewas.
Gaan roep sy Ma! sê ek -  sy daag deurmekaar dronk op.  
Hy ruk en bewe, sy neus loop wit oor sy bolip.
Sy staar uitdrukkingloos na buite, oor haar kind wat was se kop.
Die lewe het Ma en seun ontglip.  
Ek hang ‘n kombers oor hom en gee vir hom brood.  
Sy oë is reeds dood.

Banking


Ek stap by die bank in om my salaris te bank. My liewe  werkgewer se effektiewe bestuursvaardighede se gevolge…ek kla oor hy my sekretaresse vir allerhande goed rondstuur onder andere. KFC vir hom,  toe is sy bestuur daarvan dat ek nou self my salaris kan gaan bank…so staan ek elke maand van ‘n halfuur tot ‘n uur in die bank, vandag vir die laaste keer.
Ewenwel so stap ek toe in, toe is die ry al by die deur uit…na ‘n volle halfuur staan ek nog steeds bankvas '(no pun intended') op dieselfde plek..
Ek kyk hulpsoekend na die personeel agter hul lessesnaars, almal vermy oogkontak , maar doen ook niks om die rye te bestuur nie. Aldrie kassiere is besig met groot besigheidskontant inbetalings. Kyk ek was 'n 'Trust Bank meisie in 1978... ek ken van en hierdie is nie goeie bankdiens nie.  Ek is besig om my stadig te begin vererg toe iemand my liggies aan die skouer tik. Ek kyk om vas in die glimlaggende gesig van ‘n skraal man… ‘Is Mev nie daai welfare vrou nie?, vra hy met ‘n hees stem. Ek sê ja… maar kan hom nie eien nie. Van waar ken ek jou? Sy vrou is met twee tree langs hom, Die kenmerkende tandlose glimlag. Dis ons kinders wat so stout was mevrou en die drankwalm slaan my tussen die oë. Sy is duidelik agv al die drank in haar, dis mos' pay day' trots op die saak en kyk glimlaggend na die twee rye agter ons wat haar almal sonder uitdrukking aanstaar.  Ek onthou dadelik, hul kind is  met drie ander  gevang vir diefstal van yster en hul vonnis is afgewentel na gemeenskapsdiens. Ek het hul opdrag gegee om die erf rondom die kantoor te kom skoffel. Ek sit met pleegouers en skryf verslae en na so uur besluit ek om te gaan kyk hoe ver die kinders is. Almal so tussen veertien en sestien jaar oud. Ek het met die aanvanklike gesprek die ouers gemaan om ook daar te wees en te kom toesig hou. Slegs diè een egpaar daag op. Toe ek om die hoek kom vervies ek my al want na ‘n volle uur is daar weinig gevorder en die bossies net bo die grond afgeskoffel….maar laat ek hom die storie vertel.

Hy is hoog in sy skik oor ek hulle dadelik onthou en draai met ‘n galante beweging om na sy stilswyende bankkliënte gehoor. Dis die welfare mevrou die!…stel hy my voor en ‘sy vatti kak nie’… lig hy hulle in. Ek lag die gehoor wakker en die konsultante en ander personeel se koppe ruk op. Seker lanklaas iemand in so lang ry, hoor lag daaroor.

Hy het nou die twee rye se aandag en die ‘performance’ kry lewe. Hy beduie…die welfare vrou  laat die kinders toe mos skoffel vir hulle straf…en toe kom kyk sy wat maak hulle…sy sien my daar lê ‘minding my own business’  ma ek kan sien sy vererg haar. Sy gryp daai graaf  raas  terwyl sy skoffel dat die bossies spat en sy raas en sê so skoffel mens'… dit nou alles terwyl hy dit dramaties  met groot arm geswaai en handgebare wys. Sê die 'werlfare' vrou vir my,  ‘lig jou,  jy is die pa, wees ‘n voorbeeld i.p.v daar te lê,  wys hulle hoe skoffel mens…Nou kyk, ek is ‘n ‘artist’ vertel hy hulle half uit die hoogte en hy en draai sy hande dramaties heen en weer,  kyk die ‘paint’ op my hande (hy blyk toe ‘n verwer te wees)…ma ek skrik so,  vertel hy verder, ‘ek drop my ''pride net daar en gryp daai graaf en ek skoffel want ek sien toe die vrou 'means business’’.

Ek lag my gedaan vir hom en toe alles bedaar... sê  ek vir hulle ek maak vandag klaar daar by Hongerbult. Hy wys sy skok en kom haak ewe vertroulik by my in.. ‘Nee Mevrou, man..sê hy’ waar gan ons nou iemand kry wat luister, ons verstaan en ons reghelp, ma okki kak vatti? Die gehoor lag onderlangs.  Ek lag en raak huilerig deurmekaar,  trane lê vlak oor Hongerbult se mense. Sy vrou sien dit en kom staan teen aan my. Mevrou sê sy as jy hartseer raak of 'down' voel,  bel hom net, hy kom dadelik…hy 'entertain so die heeldag en sy kyk vol bewondering na hom op. Ek kyk op en ek is voor in die ry..al my viesgeid lankal afgestroop en nou heeltemaal....deur die verstaan en empatie van ‘n hierdie lieflike skraal dronk vrou…Hongerbult se mense.

Die handtekening



‘n Ouma staan in die deur. ‘Kan ons asb die polisie bel en mevrou moet saamkom dat ek my kleinkind daar in die lokasie gaan haal, sê sy alles in een asem. ''Wat het gebeur? vra ek. ‘Nee mevrou, my niggie het gebel da uit die lokasie, daai stout kind van my sit in drink met die kleintjie saam haar inni Tavern. Ma ons poliesman ken die geval mevrou, bel hom hy sal kom’.

Ek bel my 'bodyguard' polisieman en binne 10min is hy daar. Ek vra hom of ons nie asb sommer by ‘n ander man ook kan aanry nie, ek soek nou al maande lank ‘n handtekening maar kry hom net nie nugter nie.  Na ek met hom ‘n gesprek gevoer het oor die kind, wat deur bekommerde bure uit die pa en ma se sorg na ‘n verantwoordlike vrou geneem is een nag nie.  Ek het hom ‘n verklaring laat aflê en hy moes toe wag dat die predikant die verklaring bekragtig maar los dit toe net daar en maak spore na hy hartstogtelik gepleit het hy wil nie hof toe gaan nie, hoekom, wil hy nie sê nie.

Die polisieman sê, ry  jy voor. Ons stop en eers is alles doodstil maar die voordeur staan oop. Sarah sê ek vir die ouma... wag net hier ek is nou terug en klim uit. Ons gaan by die voordeur in. Die erf lyk of dit as die plek se asgate gebruik word dis net papiere, plastieksakke bottels en blikkies.  Die voorkamer lyk of ‘n kos en gemors orkaan hom getref het. Daar is ‘n slaapbank oopgeslaan met grysbruinvuil komberse op. Die twee stoele wat daar staan is basies net raamwerke en binne in bietjie stofering en vuil papiere en blikkies in. Ou kos lê op die vloer en meubels sommige baie lankal vasgetrap maar skynbaar was rys een van die laaste disse. Dis rys net waar jy kyk. Sou hulle mekaar daarmee gegooi het wonder ek. Die mure is pikswart en dit voel of ek in ‘n grot staan. Die polisieman loop regdeur en ek agterna..die kombuis is ook pikswart die kaste gaap oop  ook swart binne in maar dolleeg. Die hele een toonbank is vol hoendervere en bloed. ‘Lyk my hulle het eers met die hoener baklei sê die polisieman so terloops oor sy skouer en stap agter uit en ek nou baie dik van die lag agterna.  Agter staan die klomp soos vasgekeerde skape gebondel,  seker uit gehol toe ons voor gestop het.

Agter is ‘n sinkhuis en as dit enigsens moontlik is nog vuiler as die huis voor. Die paartjie bly daar,  hulle is beide stormdronk, dit is half tien in die oggend. Die dronk paartjie, hul pa en ma, ook nie te nugter nie, die paartjie se jongste, so 2jr oud vuil met net ‘n t shirt en ‘n broekie aan, dit is net 9 grade buite, nog ‘n suster met ook ‘n vuil baba op die heup, staan almal sonder enige doel of rigting en uitdrukking. Kom sê die polisieman, sonder om lang stories te maak, kom teken hier Dan. Die ma kom aangeslinger, nie ‘n tand inni mond, die oë wild, daar moes dagga ook gerook gewees het, daar is gerugte daaroor by dié huis. Die pa kom dronklyf half teen my staan, gee lat ek teken sê hy met ‘n bravade asof hy ‘n prestasie gaan bereik, die ma slaat na hom met ‘n slap dronk arm...’jy sign nie ons kind weg nie, jou sleg ding,’ gil sy vol veroordeling, want die drank bring ‘n heerlike vergetelheid dat sy deur verwaarlosing drie kinders deur die Kinderhof sisteem het. Die man stamp haar ongeërg weg. Sy storm weer nader en probeer mik maar slaan toe my so skrams raak.  Hey! skreeu die polisieman, gedra jou en klap haar met die plat hand dat sy so paar tree weg slinger.  Ek weet nie waar om te keer nie.  Ek probeer die man gefokus kry om te teken en hy teken met ‘n ‘flourish’ mens sou sweer hy teken ‘n tjek van duisende rande. Ek kyk op en tot my verbasing sien ek die hele erf is vol mense en ek voel hoe my oë rek, want reg voor in die skare staan ‘n reuse vrou met swart moesies oor haar hele gesig. Sy het net ‘n breëband wit bra aan en ‘n skokpienk handdoek om die gewigtige lyf gedraai. Sy moes besig gewees het om aan te trek maar nuuskierigheid het skaamheid oorwin. Nie dat dit die skare pla nie,  dis skynbaar net ek wat dink dis ongehoord snaaks. Die pa slinger weg, hier is nog een wat jy moet teken roep ek hom terug en hy kom weer teruggeslinger en kom lê so half teen my en teken met dieselfde oordadige handswaai die tweede kopie. Die ma bly op hom skêl maar bly so paar tree versigting weg soos ‘n hiëena wat bang is vir die leeu by ‘n bok, veilig uit die bereik van die polisieman se moontlike handklap.  Ek groet almal vriendelik soos dit ‘n maatskaplike werker betaam. Die skare is egter nou deel hiervan en dis ‘n ‘sjerrap Mieta, hou jou bek dronkgat, en klap ha wee! Inspektor!-koor. Ek kry arme Mieta half jammer. Ek besef hulle dink dit gaan oor die jongste, wat glo veronderstel is om onder toesig van die oupa en ouma te wees maar betwyfel sterk die veiligheid en welsyn van die arme kind.  Ek roep die oupa en verduidelik dat dit oor die dogtertjie gaan wat reeds in die voornemende pleegouers se sorg is, totaal ondervoed gewees, erge fetale alkohol sindroom en steeds half haar veronderstelde gewig.  Hy is dankbaar en sê hy sal sy seun sê as hy weer nugter is. Ek verduidelik dat ek lang gesprekke wel met hom gehad het en hopelik sal hy onthou wat ons ooreenkoms was.  Ek herinner hulle daaraan dat hulle baie welkom is om vir die kind te gaan kuier maar hulle moet nugter wees. Hy belowe plegtig. Ek groet en Mieta het die glimlag as ‘n geleentheid gesien . Sy kom lê vertroulik teen die bakkie se deur, kan nie eintlik regop bly daarsonder nie en sê sleeptong...en het Mevrou vir Mietatjie vergeet want ek het dan nie ‘n kombers gekry nie.  Ek sê kom maar as jy nugter is. Kom weg daar skreeu die poliesman en sy skarrel vinnig weg terwyl die skare haar verder toesnou. Daardie middag begin ek jeuk en besef net die paar oomblikke in die grotvuilsitkamer het skynbaar die vlooie geleentheid gegee om op my te klim. Ek lyk te naar en  jeuk dat dit ‘n aardigheid is. Ek vervies my  vir hierdie vuil huis waar drie volwasse vrouens woon en voor werk die volgende oggend , kwart voor agt stop ek die 'welfare' bakkie seker tot hulle ontnugtering weer voor hul deur.  Die bure peul dadelik weer uit hul huise en in die erf in om te hoor wat het die welfare nou te sê. Ek roep die ouma, groet en praat baie ferm: ‘ Mevrou ek is vol vlooibyte, dis omdat julle huis en tuin so vuil is Dit is onaanvaarbaar. Geen kind kan in so vuil plek bly nie. Ek gaan vanmiddag kom kyk, as hierdie plek nie silverskoon is nie dan moet ek maar hierdie kind ook verwyder, hy kan onmoontlik nie in so vuil plek grootword nie, en dit is buiten julle gedrink en dagga rokery. Mieta  die ma is by, ernstig  en sonder die bravade die keer, die oë rooi belope en steeds nie heeltemal nugter nie en  die jonger dogter met die baba op die heup is ook daar, almal se koppe knik op en af , die fight uit hulle uit so vroeg in die more en die pienkhanddoek buurvrou begin sommer terstond papier in haar erf ook optel, want sy sien hier kom moelikheid. Daardie middag stop ek en stap in, die ouma lê op die bankbed en skarrel met haar vet ronde lyfie om regop te kom, middag mevrou sê sy en nooi my met  selfvertroue en 'n vinnige handgebaar die  huisie in. Ek staan regtig verstom , hulle moes sonder om te rus gewerk het.  Ek  herken amper nie die plek nie... dis skoon, mevrou!  en sy  wys trots na die kombuis se kant toe, ons moet nog net die mure was sê sy ... ek bedank hulle en oooo! en aaa! regtig beïndruk  oor die skoon huis en erf. Dis wonderlik sê ek, kyk nou net wat julle drie vrouens reggekry het. Die ouma en Mieta lag oopmond en die jonger ma glimlag terughoudend.  Ek gaan elke week kom kyk...is dit reg so? Die koppe knik op en af.  Dalk gebeur daar nog wonderwerke , hulle het darem iets gedoen om die vyfde kind te behou dink ek dankbaar, klim in my bakkie en waai vrolik vir pienkhanddoekbuurvrou wat maar huiwerig terugwuif met die papiere wat sy vinnig by haar opgetel het in die hand.!
Mevrou word nie kwaad nie.. se die ouma wat geduldig gesit en alles aanskou het terwyl sy in die bakkie wag... .. ek dink so biejtie oor haar vraag.. . Nee, antwoord ek mens word nie kwaad oor wat jy doen as jy gedrink is nie... mens word kwaad  dat hier nooit  in al die jare... deur die 'powers to be' iets gedoen is om hierdie verskriklike toestand van drank, dwelmmisbruik, swak skole, geen hulpbronne.. voorkom is nie. Sy knik haar kop somber... kom ons gaan haal jou kleinkind...sê ek en ons ry ver  tot by die volgende township, tot by die volgende baklei vir 'n klein kind se versorging..